En dit sien ek beslis by jou! Ons intellek is tog ‘n baie belangrike deel van wie ons as mense is – en as rasionaliteit ‘n inherente vermoë van die mens is, dan kan dit tog nie in stryd wees met enige ander deel van wat dit beteken om ‘n mens te wees nie! Dit is daarom deel van ons strewe as deel van ‘n bediening soos AntWoord om te wys dat veral die Christelike geloof en verstand mekaar nie per definisie uitsluit soos wat baie (meeste) mense (Christene en nie-Christene) dink nie.ĭus, ek is saam met jou bly dat jy by ons uitgekom het. Nie omdat ek dink dat ons noodwendig so slim en oulik is om jou al die antwoorde te gee nie, maar omdat gesprek en saam dink oor dinge, ‘n mens dikwels ten minste in die regte rigting stuur vir ‘n uiteindelik antwoord. Ek is in elk geval daarvan oortuig dat die Here die eerlike soeker sal beloon. In ‘n sekere sin wil ek met jou saamstem dat ‘n mens nie sommer iets blindelings moet glo net omdat die Bybel so sê nie. Maar ek wil terselfdertyd ook sê dat ek wel glo wat die Bybel sê – nie maar net omdat dit die Bybel is wat dit sê nie, maar omdat ek glo dat wat die Bybel sê waar is! En hoe weet ek dat wat in die Bybel geskryf staan waar is, sou jy dalk wil weet… wel, dit is presies wat ons as Christene aan ander behoort te kan verduidelik: nie net wat ons glo nie, maar ook hoekom ons dit glo (dat dit waar is). Skuus, ek is besig om te babbel, maar net nog dit: Ek dink nie ‘n mens kan te analities wees nie – ek dink ‘n mens moet altyd probeer verstaan hoe dinge is en hoekom dit so is. Dit gaan vir my oor ‘n soeke na wat waar is en daarvoor is analitiese denke onontbeerlik. Waarteen ons wel moet waak is om te dink dat ons, met ons beperkte insig, die vermoê het om ‘n onbeperkte wese soos God in ons menslike kategorië in te dwing en Hom dan daarvolgens te analiseer.
0 Comments
Leave a Reply. |
AuthorWrite something about yourself. No need to be fancy, just an overview. ArchivesCategories |